Sumsaré Wines maak gereed vir sy eerste Wacky Wine event. Kom maak gerus n draai op die Plaas Wandsbeck en kom proe ons eerste Shiraz wyn asook al die produkte wat n stookketel kan aanbied. Danie wat weer Stook op Wandsbeck laat herleef het gaan Witblits en Mampoer stook. Hier was laas op die Plaas in 1944 gestook! Vir die wat nie weet wat die verskil tussen Witblits en Mampoer is nie:
Witblits: Dit word slegs van Druiwe gestook
Mampoer: Dit kan van enige ander vrugte gestook word, behalwe druiwe
No comments:
Post a Comment